Ja, dit is reg. Ons is in Hong Kong, China.
Jy speel as Wei Shen, 'n undercover polisieman wat sopas weer terug in Hong Kong is nadat hy blykbaar 'n hele rukkie in Amerika was. Hy word gevang nadat 'n dwelmonderhandeling verkeerd geloop het en word beveel om homself in een van Hong Kong se berugte bendes te vestig - Sun On Yee.
Grafika:
Sleeping Dogs spog met 'n baie goeie grafiese voorstelling. Daar is baie min grafiese glitches. Daar is wel baie bloed wat rondlê en dinge kan baie bloedhorstig raak. Wei skenk baie bloed aan die strate van Hong Kong. Nietemin, aanvaarbaar vir moderne speletjies.
Klank:
Soos baie ander open world speletjies spog SD met 'n skitterende klankbaan. Die sound effects is baie goed saamgestel. Jy kan lekker radio luister terwyl jy rondrits en alles wat met infrastruktuur te doen het, vermorsel! Die klankbaan bestaan onder ander uit indie treffers en somtyds lagwekkende Chinese musiek.
Daar is ook dubstep.
*krieke*
| Vat so! Sal vir hom hierna 'n nuwe paar tekkies moet aanskaf . |
Soos bo genoem is SD 'n open world speletjie. Betekende: jy kan op eie wil rondrits en rondloop met opsionele side missions asook die hoofveldtog wat progressie in die storie bewerkstellig. In terme van vervoer kan jy bootjies en motors ry. Die bestuur van motors is 'n bietjie sensitief, maar dit voel half beter as die bestuur in GTA 4 en Saints Row 2. Daar is ongelukkig nie 'n baie wye verskeidenheid van motors nie, gewoonlik loop jy in 'n straat af wat vol stadige voertuie is, maar ons verstaan...dit pas by die milieu.
Nou vir die skiet, skop en donner gedeelte. Baie moeite is in die vegsmeganismes van SD gesit. Die gevegstyl lyk iets soos MMA waar 'n klomp skelm kalante jou bestorm en een vir een jou uitdaag met hulle houe. Jy kan baie moves op hulle uithaal, maar hoe meer risiko jy neem, hoe makliker kan hulle jou raakslaan, so bewaak jouself en counter liewers net as jy nie wil oopmaak op hulle nie. Jy kan dan deur die loop van die speletjie nuwe vegstyle aanleer om jou opponente nog erger te beseer.
Daar is gewere, maar anders as in die hoofveldtog en 'n paar side missions is dit gepas om almal net met die vuis en knie by te kom.
Die addisionele aktiwiteite in SD verleng jou speeltyd. Jy kan op uitgaan met die vrouens, weddingskappe in hoendergevegte aangaan, vegklubs bywoon en hier en daar 'n werkie vir newekarakters doen, byvoorbeeld geld uit mense skut en geldtrokke steel. As jy wil kan jy ook die polisie help en dwelmhandelaars vang. Die laasgenoemde behels die verwydering van boewe op 'n perseel, die hack en plant van 'n kamera, en dan moet jy terug na jou huis toe gaan, op die TV skerm na kamerabeeld kyk en die handelaar identifiseer sodat die polisie hom self kan arresteer.
Jy kan ook karaoke.
*krieke*
| Skiet my! |
![]() |
| Koelas maak my gesond! |
Vergelyk?
In vergelyking met GTA 4 sal ek sonder twyfel SD kies. SD het 'n diepgaande storie, daar is baie om te doen en jou rekenaar word nie so erg belas deur bugs en glitches nie.
So wat sê jy boetman?
Probeer hom! Mens kry nie baie open world speletjies nie. Wanneer die geleentheid kom om een te speel neem ek dit altyd, en SD is net nog 'n testament van dat mens nie rerig verkeerd kan gaan met open world titels nie.
